68.       ATEIS ï

Daar is tye wanneer ons verlate voel
Dat die weerd heid wys dat die wêreld nie ʼn Mag het nie
Dat daar nie meer ʼn stem van die hemel afkom nie
En dat die dooies nog steeds net dood bly
Die mediese wetenskap vind net ʼn menslike komper
Vir hierdie mense is daar geen God nie
Hulle sien geloof net as die onderdrukking van waardes
Vir hulle bestaan die sonde en die duiwel ook nie
Dit is vir hulle niks meer as kinderstories nie
En hoe vind sommige Afrikaners hulle hier
Is dit dat hulle drome in die wêreld verduister het?
Want ons weet nie hoekom en hoe ons hier gekom het nie
Niks kan nie uit niks ontstaan nie
Die natuur wette moet ook sy Meester hê
Dit beteken nie dat die Meester met ons uit die hemel praat nie
Die mens maak altyd die fout om na buite te kyk
Min van ons ken ons self binne regtig goed
Ons siele wil net met die liggaam sien
Dit is asof die liggaam alles geword het
Want die liggaam is die basis van die ateïs
Sy ontstaan en vergaan is hulle wêreld
Maar die lewe kan nie uit niks ontstaan nie
Die element van lewe kan wel die liggaam laat evolueer
Maar die lewe se siel het self sy identiteit
Hierdie identiteit moet geskep gewees het
Ons kan nie die element van lewe in die huidige wetenskap vind nie
Daarom wil sommige blindes dit ignoreer
Al kan hulle lewe voor hulle sien
En al kan hulle nie self lewe opwek nie
En kan hulle nie hulle self diep ken nie
Want die element van die lewe is die gees
En sy eie identiteit is die siel
Dit is in die gees waar ons eenders lyk
Maar in die siel verskil ons ook
Dit is in die gees waar ons die Skepper vind
Hy is in die gees van alles wat bestaan
Ons het vergeet dat ons uit die Paradys verwerp is
En verwag nou hemel op aarde en die ruimte
Ons het vergeet wie en hoekom ons nou hier is
En dat ons die nuwe lewe moet verdien
Ons moet weer met die element van lewe die Gees vind
Dit is daar waar ons die waarheid sal vind
Ons gaan dit nie somer so in die liggaam vind nie
Want dit vat ʼn aktiewe intelligensie om ons gene te verstaan
En die intelligensie is nie self die gene nie
Die intelligensie is soos energie wat altyd bestaan
Dan het die Skepper in ons nog altyd bestaan
Want ʼn oog wat nie wil sien nie is blind
En ʼn onwyse sal ook nie eers probeer nie
Hulle is soos ʼn potplant wat nie weet
Waar die water van liefde vanaf kom nie
Maar die intelligensie daar agter sal hulle nog lief hê
Hulle het wel ʼn kans in die lewe as hulle oë oop gaan
Maar ons wat weet moet hulle ook lief hê
Anders is ons ook blind vir die water van liefde.

19/09/2004