47. BIETJIE BROOD

Hulle trek hulle mooi aan
Vir net ʼn bietjie brood
So sing die koor saam
En binne is hulle eensaam
As ons ons bekleed met status
Maar afbreek met die taal
Waar ons ʼn bietjie waarde soek
Bo die boemelaar se rykdom
ʼn vryheid omgelyk te wees
Met die moeder aarde
Want hy is nie beter as ander nie
Sy wysheid bly by oorlewing
Sy bietjie brood is nederigheid
Want as ons nie nederig is nie
Het ons geen status nie
Onder hier die mombakkies
Is ons maar leeg
Dit is waarom die rykes
Sukkel om deur die poort te gaan
Want hulle is dik aangetrek van status
Status wat afgedwing word met ander se bloed
Waar op hulle neer gekyk het
Gee hulle ʼn bietjie brood
Uit die hand en status van ʼn boemelaar
Want hy is eintlik ʼn ryk man
Want sy skat lê anderkant die poort

08/09/2004