51. BOER, BRIT EN SWART NOU AFRIKANER

Ons het mekaar bitter nodig
Ons kan nog Afrikaner wees en nie verdeel nie
Want vir ons is daar net een Afrika
En nog altyd net een mensdom
En Afrikaner wees is meer as die taal
Dit lê in die wortels van die taal
In al die kulture van Afrika
Die regte Afrikaner is ʼn nuwe Afrikaner
Hy boer met al die produkte van Afrika
So kan Afrikaans groei onder Afrika volke
As ons nuwe en eie internasionale taal
ʼn taal wat Afrika orals kan verteenwoordig
En ʼn taal wat vrede en voorspoed bring
Ons het in die verlede mekaar gehelp
En die wa vir mekaar deur die drif getrek
Ons het so gehelp om vir mekaar voorspoed te bring
Nou kan ons met almal die taal deel
En dit met trots terug vat huis toe
In gebede die binnekamer in
Want Afrikaans is die kind
Van internasionale en Afrika tale
So sal die gemode verander
Want ʼn moeder en vader
Sal nie hulle kind leed aandoen nie
Hulle sal die globale kind kweek
Hulle sal die taal verder uitbroei
Tot dat dit hulle eie volk geword het.

10/09/2004