58. BOERBOKKE

Laat staan jou hardkoppigheid laat staan
Die boerbokke vreet weer alles op
Hulle is net so hardkoppig soos hulle baas
Wat bankvas staan agter sy span
Al wen of verloor hulle die lootjie
Word die opponent nog steeds uitgejou
En die skeidsregter word in die warboel ingegooi
Daar tussen baas Jan se boerbokke
Of somer teen baas Koos se boerbokke
Die manne en hulle familie staan mekaar tee
Laat net een durf die opponent se meriete sien
Dan word hy Donderdag se bredie
Want net die uitgeworpenes sal sy hand skud
Omdat die span vir ander alles geword het
Verhewe bo vriende en gesonde verstand
Ons gun mos nie ander iets vir hulleself nie
Dit sal mos ons swakheid openbaar
ʼn Boerbok wil mos alles vir homself vat
Net hy is die mannetjie van die baan
Hy besef nie dit is ander wat hom maak nie
Soos hy weer help om hulle te maak
Nee die boerbok wil sy eie god wees
Vir hom is daar niks minder as eerste nie
Al weet hy die mens is nie perfek nie
Sal hy by ander met sy kop stamp
Die samesyn van die wêreld vat jou slagpale toe
Want hulle kan nie jou koppyn bekostig nie
Boerbok jy is maar net ʼn bok soos ander bokke
Maar word jy taai en stram dan spoeg hulle jou uit
Want die globale mensdom is gesond
En vind hulle nie meer werd as ander nie.

14/09/2004