59. BOER EN SY ROER

Skiet hom plat Dawie
Sit ʼn kruisie op sy graffie
Wanneer hulle met die oogklappe verkyk
En dan vergeet om ook wyd te kyk
So heet ons die tonnelvisie van die boere
Wie se probleempies klein geword het
Teenoor die massas van die wêreld
ʼn Skerpskutter neem alles mos in ag
Om sy teiken akkuraat te tref
Moet nie dat die kol jou oorheers nie
Die kol is net die bousteen na ander toe
ʼn suksesvolle kol is maar net ʼn uitspan
Waan die gemeenskap in die genot deel
Dit kies nie die self bo ander nie
Dit gee die skutter sy eie reg van bestaan
ʼn gemenereg wat by ander ontstaan
As ʼn gesamentlike waardering van die gemeenskap
Die koeël is maar net ʼn plan
En in die kol het dit verwesentlik
Ons brand nie net los en verwoes nie
Wanneer die haat ons oorval nie
Want die lewe is die skepping van God
En Sy word kom in enkelinge voor
En nie in die meerderheid wat Hy waarsku nie
So roer nie met jou roer die Skepper se kol nie
Sy koeëls gaan julle siele duur tref
En ons wil nie die ander so verwoes nie
Daarom het ons in die kol soms ʼn ster
Omdat ons nie wyd genoeg gekyk het nie
Want ons oogklappe was vir die Skepper aan
Die boer en sy roer moet die wild respekteer
Want sonder die natuur kan ons nie bestaan nie.

14/09/2004