70.            BOEREWORS

Ons eet dieselfde wors oud en jonk
Ons kan dit nooit alles opeet nie
Dit is more weer beskikbaar op die rak
Elke generasie se maalvleis ingeryg om te bak
In die evolusie derm van voortplanting
Die smaak en speserye is ons politiek
Elke generasie meng dit vir sy behoeftes
Die oues wil dit met hulle smaak beïnvloed
Maar die’ generasie is in die nuwe wêreld
Die realiteit skuif aan soos ons die wors stop
En met tyd word die ou wors wel vrot
En so word daar vir ʼn nuwe voorraad en reliteit beplan
En word ons geskiedenis soos droë wors
Dit is nog so half nat na apartheid
Wan die regte droë wors is nie nasionaal nie
Dit word al oor ons grense verpak
En net soos ʼn pizza pas dit ons sak
Want die Afrikaner het ʼn wêreld nasie geword
Die politiek bly nog steeds in die kombuis
En die droë wors hang nog in die spens.

20/09/2004