38.            BOESMAN NOGMALS AFRIKANER

Die kliek en klak van die Boesman
Vind sy spoor na Afrikaans
As hy sê ons moet hom nie soos ʼn dier uitmoor nie
Dit is hulle grond wat die boer bearbei
Dit was hulle wie eerste hier gewees het
Nou baklei die ander oor hulle stukkie veld
Die goorste reg wat hulle oor het is om Afrikaans te praat
Hulle is trots op die nuwe taal
Hulle ken hom van onderdrukking tot uitrukking
Die sangers van die dore oop veld
Gee die taal sy eie harsingskudding
Dit is asof dit nog altyd hulle sin was
Soos die ou troebadoere van die Egiptiese konings
Ly die kinders voor met die oues agter
Aan die voorkant van die nuwe Afrikaner volk
So as die oudste lewende mens
Is die Boesman nogmaals Afrikaner
Sy gesiggie is die pad na die landsvlag
En sy kennis sny ʼn spoor na nuwe wysheid
So laat hy die Afrikaner toe in sy tuiste
Hy is die dorsland van die nuwe volk
Want as hulle almal sou uitsterf sal ons ook sterf
Want in ons harte is ons ook ʼn tikkie Boesman
Dit is die’ land se kaart en transport
Sonder die tikkie van die Boesman is daar geen klop nie
Die klop aan die skepper se deur
Want sonder hulle sal die poorte nie oopgaan nie
Hulle is die lewende water van die woestyn
Want hulle is ook kinders van God.

06/09/2004