37. CHURCH HAVEN

Ek sien julle nette vol vis
En ek sien die familie bootjies wandel
Daar op stille water waar die roeispaan slaan
Julle gee nie om as ek saam aan die net trek nie
Die seewater het ons almal klaar skoon gewas
Soos die taal wat ons kroon
So deel ons die vis op en ek kry my loon
En daarby ʼn nuwe vriendskap
Vir ʼn jong seun van die noorde
Maar sy neusie het nie op gewys nie
Al was hy nie ʼn kapenaar was hy wel een
Een van die mense wat hulle in die toekoms kan vertrou
Wat self ook op die plaas Geelbek se paadjies gewandel het
In ʼn nag van vêr loop toe hulle hom daar gekalmeer het
He hy saggies in die donker mis deur die stil dorpie geloop
Die selfde droppie wie in sy kinder dae
ʼn Kreef of twee geruilhandel het
Vir hierdie paar woorde van hoop.

06/09/2004