63. DIE ROTS

Miskien sukkel ek al lankal
Maar ek weet nie meer nie
Dit is by die tyd normaal
Beide die versteuring en gemeenskap
Het hulle foute en abnormaliteit
Maar nog streef ons na gesondheid
Dit is in die woorde waar ons eer lê
En waar ons nederig trots moet wees
In ons menslike en volmaaktheid
Want ons het nog ʼn rede om te bestaan
Om ʼn volmaaktheid na te streef
Nie van ons eie oordeel nie
Maar die van die natuur van ons Skepper
Daarom is elke mens belangrik
As bousteen, hoeksteen van ons gesamentlike toekoms
Daarom moet ons vergewe en verstaan
Dat ons nie die Skepper is nie
En kan nie voorspraak vir Hom lewer nie
Maar onderdanig is aan Sy holistiese natuur.

19/07/2004