65. DIE KLUISENAAR

Die swerwer, die hartland se gees
Wie se liggie ken geen vrees
Van die waarheid van die enkeling
Mislei nie ander as sendeling nie
Maar ervaar hulle as ʼn banneling
Dit veeg die blare uit sy oog uit
Onder hierdie staf se verhandeling
Van die gedagtes van ʼn swerweling
As ʼn vlugteling vir ander se moeilikheid
Wat homself regruk met verligting
Soos ʼn siener sien hy die vêrte in
Sy paadjie is nou en vol wild
In die universiteit van die oerwoud
Wie se eksamen is om lewend te bly
Want sonder ʼn droom sterf mens hier
Hy moes die wildernis alleen ingaan
En daar eers ʼn huisie en veiligheid bou
Voor hy ʼn ander se dogter huis toe bring
Want sy liefde vir kinders en medemens
Laat hy nie aan die bedreiging oor nie
Maar die digter het nou sy huisie gebou
En die oerwoud se woord sal hom beskerm
As die klein kinders op die voorstoep speel.

16/09/2004