50. DIE LEIERLOSES

Die taal is nie politiek nie
Dit is nie reg of links nie
Dit is nie ʼn soldaat
Wat oorlog toe gaan nie
Dit is net die hart van die volk
En word gelei deur taal profete
Hulle het nie leërs of politieke magte nie
Hulle swaai nie die dolk onder middernag nie
Hulle klop maar net aan ons harte
Om die taal en volk lewend te hou
Hulle is ons regte leiers
Want hulle maak die volk praat
Maar hierdie leiers is almal stil
Want hulle was nie die onderdrukking nie
Of deel van wraak apartheid nie
Soos die profeet nederig onder God is
So is die skeppende profete onder die taal
Maar die volk is vol leierlose
Wat die profete nie aanhoor nie
Hulle het hulle talente lankal begrawe
Hulle koop en lees nie meer boeke nie
Hulle koop nie meer moed nie
Maar die taal leiers, profete en sieners klop
Aan die harte maar hulle deure bly toe
Want die taal sleutel van die volk
Is in die hande van die Samaritane
Gee ons weer salf ons het seergekry
En ons sal vir julle opstaan
En met die woord lei.

08/09/2004