53. DIE SIENERS

Vlaggie in die wind
Hoe is die kleur verbind
As ek die vierkleur sien
Oor die nuwe een waai?
So vind ons die wiegie
Van swart gelyn met geel
ʼn nuwe Afrikaner kind
van een Afrikaner volk
En die res word die see in gewaai
So soek die sieners wysheid
Deur die seël van ʼn donker boek
Waar onder ʼn nuwe liggie flikker
In die jong verstand heet ons ʼn vrome droom
Waar voor ons almal ʼn loon moet betaal
Want die siener se woorde is dikmelk
As die ore waarmee ons hoor suur is
Maar hoor die ore soos heuning
Word die karringmelk weer soet
So dit is die ore wat so toor
Die melk was maar altyd net die feite.

11/09/2004