64. DIE WOUD

Goudgroen staan hulle dig bymekaar
Die digters het julle saad ontwaak
As hulle sit en skryf onder ʼn ou doringboom
Anderkant die voorgeskrewe ou Rubicon
Het hulle ʼn brug van houtskool gebou
En hulle stem geverf op papier
Die saad se bouplan is so gestruktureerd
Al het die wind julle rond gewaai
Het die posduif julle nog gevind
En sy olyftakkie vir julle gebring
Toe die donker waters stil geword het
Het die see diep blou geword
Sodat sy wolke die saad gevoed het
Wat soos pioniers ontkiem het
En nou ʼn ou boom as voorbeeld het
Van ʼn stamboom en bas van taal
Looi nou die vrede die wêreld in
Want die woud is die nuwe Eden
Wat die’ mense in die ruimte bou
En nuwe digter sit in die woud
Besig om ʼn brug oor die ruimtes te bou
En so sal die goudgroen woud vermeer.

16/09/2004