25.. DIEFSTAL

Uit die mond van die suigeling “dis myne”
So vind die drangende instink dit uit
Dat hy ook besitreg heet
Dan word dit ʼn speletjie om van ander te vat
Om dat jy dit ook so graag wil hê
Die oordeel is nie gemene reg nie maar “dis myne” reg
Want ek was skelm slim en sterker
Dit was my wil bo jou wil wat seëvier
My wil regverdig dit self sodat jy dit my skuld
Dat ek jou nie meer ʼn oorlewing skuld nie
Maar die reg het om jou tem elk soos ʼn koei
Maar hierdie koei gun jou ʼn stemreg en gelykheid
Jy gun hom niks gun eiendom of ʼn lewe nie
Omdat jy minder bevooreg en kwaad is
Ja jy is kwaad soos ʼn bitter kind
En nie wys soos ʼn wyse Bergman nie
Net ʼn kind sal vat en afbreek uit onkunde
ʼn Wyse sal gelykheid bou volgens die wet
Hy sal sy wysheid deel met oordeel
Hy sal net die beste gebruik om die meeste daarvan te maak
ʼn meeste waar aan almal kan deel
Net ʼn wyse weet waar regverdigheid
En tevredenheid lê al is hy minderbevoorreg.

04/09/2004