75. DINIELLE

Boerpotjie jy hou my aan die lewe
Jy kook jou disse alles elf op
Maar ek ken hulle hulle was myne ook gewees
Jy is ʼn witbloeisel in die nuwe blommetuin
Soms gee jy vir ander teveel om
Wanneer jy self daar van te min het
Die lewe gaan oor mededeelsaamheid
Maar jy kan nie sonder ʼn loon werk nie
Want jy het self ʼn waarde voor die Skepper
Ons kan nie die witbloeisels ver arm nie
Dit is die wit lig wat ons die reënboog gee
Met ʼn boerpotjie vol goud aan die eiende
Soms hunker die potjie na ʼn ander land
Soms hunker dit na ʼn welsyn's pot
Soms ken die pot nie sy deksel nie
Maar as die Son opkom weet ek jy is daar
Die natuur weet beter as ons twee
In watter rigting ons harte lê
Maar bymekaar vind ons die fontein van liefde
Maar ons verhaal moet nog ontvou
In die begin van ʼn woud van groen en goud.

20/09/2004