10.            DIPLOMASIE

Ondersoek alles maar behou die goeie
Ondersoek self die grond beginsels
Van alle bespiegelinge en probleme van mense
Moet dit nie uit die word van mond vat nie
Meeste mense redeneer tot hulle eie sin.
Menigte geluide kan die selfde fout begaan
‘N demokratiese meerderheid beteken nie die waarheid nie
Dit is meer die klinkende metaal van propaganda.
Soek die waarheid in jou individuele reg
Die geskiedenis wys met tyd ons tekortkominge
Ons kan dit nie ignoreer en weg wens nie.
Hoe kan ons sondes in ander se hande plaas,
Hoe kan ons as individuele geoordeel word
En dan sê hulle het dit vir ons gedoen
Die predikante, politieke en andere
Die Verlosser vergewe nie somer alles nie
Nee ons word geoordeel op ons handelinge
Hoe ons ons eie feite by mekaar maak
En hoe ons daaroor besin.
Volg nie jou broer of sister die afgrond in nie
Dit ly beide jou en hulle tot onnodige sonde
Waar ons teen die waarheid diskrimineer
Sonder dat ons al die feite bymekaar maak
Vat ons so teen die Skepper ʼn standpunt in.

17/04/2004