69.            DOMINIE

Vertel my van die Heilige Gees
Sodat ons harte nie meer kan vrees nie
As die groot Boek voor ons aangesig verdwyn
Wand in die’ Gees vind ons die Skepper se raad
Ons moet net vir dit in die aller heiligste vra
In die Temple van die Skepper wat ons dra
Ons vind dit daar in die stilte van ons siel
Nie in die meerderheid van die wêreld nie
Want die sonde het saam met ons die wêreld ingekom
Hy sal sy mag ook hier groot maak
En deur sy illusie sal hy ons bang maak
Daarom sal hy met ons geskrifte gepeter
Aan enige iets waar aan ons hande werk
Maar in die aller heiligste vind ons net die waarheid
As alles donker geword het vir ons siel
Die Skepper sal ons daar met sy Gees lei
Deur die skadu van die dood
Na die stille waters van die openbaringe
Die Gees gaan ons net lei as ons dit soek
Dit oorreageer nie en soek nie aansien nie
Want die mense wat daar na luister is dienaars
Nie vir die konings van die wêreld nie
Maar van die Gees weet ons te min
As ons die handewerke net lees
Omdat ons leiers se harte ook leeg is
Want hulle ken nie die Gees nie
Hulle klou liewer aan die Woord
Maar die Woord van die hart
Weet hulle van maar bitter min
Anders kon hulle ons daarmee gelei het
En ons geleer het om dit te vind
Maar die wat dit wel gevind het
Sal mekaar wel in die stilte vind
Ons sal dit in hulle handewerke sien
Hulle is die lamp van die fontein van liefde
Hulle ken die Skepper se grootste gebod
Hulle wankel nie in die donker nie
As hulle met die regte lig die Woord lees.

19/09/2004