29. DEWELMMIDDELS

Hierdie is die ekonomie van die dood
Verskuil agter ʼn kort plesier
Dit kos geld maar skep nie geld nie
Sy geld is vuil en moet gewas word
So is die vuil wasgoed gedoop in bloed
Van die’ wat dit vermoor het
Die ekonomie van die dood koop geweld
Dit koop skuld en koop roof
Want dit roof die mense se lewens
Dit roof ook onder ons families
En dit roof onder ons kultuur
ʼn Kultuur wat sy mense wil op hef
ʼn kultuur wat sy mense ʼn gesonde lewe gun
Maar nog trek die ekonomie van die dood mense aan
Onder die duiwelspel van die owerspel van plesier
Die duiwel aanbidders van die ekonomie bemark dit
Hulle sal dit in die begin vir jou verniet weg gee
Hulle is die vriende van die dood wat jou ontvang
Hulle is ook daardie vriende wat nie by jou begrafnis opdaag nie
Hulle is te besig om nuwe vriende soos jy te maak
Om die ekonomie van die dood kos lewens nie geld nie
Geld is net vir die duiwels wie hulle werk goed doen

05/09/2004