40. EERSTERUS

Suid Afrika is die hoogland van die Eersterus
Bo op die laagland waar Afrikaans eers gevorm is
En toe gevestig is as ʼn taal
Het die taal en kultuur hom hier ingegrawe
Onder ʼn boom vol dorings
Die woord vat nou ʼn rus, Eersterus
ʼn wêreld blommemark word nog gebou
Soos die woord hom ook stilte vestig
Kan hy nog nie sy stem digmaak nie
Sy mense het nog rus nodig
Sodat die wonde nog genees waar die swaard geval het
Die kleur van die blommetuin vorm nog
Nie al die bloeisels is uit nie
Al het ons hier en oorsee lente gevind
Moet die taal nog ʼn rukkie wag
Sodat die land kan besef
Dat hy nou ʼn wêreld taal geword het
Hy het sy wortels nou in alle lande
Hierdie wortels verprei nog
Tot die grond se rus bo versteur word
En ʼn nuwe boompie op kom
In die’ wêreld se ryk grond
Langs die eens dorre Eersterus
Waar die eerste boom weer uit bloei
Dit roep nuwe reën vir die grond
Water wat al die voorouers gaan nat maak
Sodat die ou boom die nuwe gaan kruisbestuif
En die woud van Afrikaans gaan groei
Maar dit kan nie gedoen word sonder al die takke nie
Die takke wat help om die nasie op te maak
Want ʼn boom groei nie uit een tak nie
Soos die stam nie uit een wortel groei nie
Want die saad is uit ons almal op gemaak

06/09/2004