5. FAMILIE BESIGHEID

Die Afrikaner staan saam
Maar hulle mis hulle individualisme
As een of ʼn paar se diktatorskap.
Dis waar die ander volke ons voor is,
Dit is nie dat ek die Skotte voorhou nie
Maar hulle vermoëns staan uit
As ook die selfde grondslae as die Afrikaner
Wie moet veg vir sy identiteit
En die bestaan van sy taal.
Dit is ook die familie tradisie van die Skotte
Wat moet toelaat vir verskeidenheid
In die “Clan” familie besigheid.
Die geleerdes leer ander familielede
Daar op kan hulle terugval
As hulle afgesonder word of sukkel.
Daar is ʼn wye ondersteunings basis
Vir al die mense wat die invidu ken
En hom of haar nie laat weg raak in ʼn nasie nie.
Want in ʼn stabiele familie
Gun hulle mekaar hul vryheid
En staan borg vir mekaar se werk.
As dit swak gaan vir sommiges
So dat hulle nie hulle brood en botter kan verdien nie
Neem die familie en besigheid hulle in
Met waardigheid en kontribusie
Van dienste en harde werk.
Tot dat hulle hul ideale weer kan na volg
Net soos ons Skotse broers en susters
Reik ons oor grense en kontinente
Om ons trotse identiteit te hou
As ʼn volk wat sy mense iets universele kan aanbied
En dat daar waarde in hulle tradisies en taal is.
Dit maak nie saak waar jy jou bevind nie
Want as groter familie lid sal ek jou vaardighede leer
Tot jy jou eie ontwikkel en voortgaan
Moet nie mekaar vas maak nie
Maar deel mekaar se vermoëns.

15/04/2004