54. FAMILIE BROOD

Elke blommetjie het sy eie kleur
Dit is net die wie sy geur kan keer
Dat die blommetjie totaal alleen staan
Die familie bestaan uit bloed en vriende
Wie die paaie kruisbestuif waaroor ons gaan
Die wind waai ons sade bont en rond
Dit is die wind wat ons hier grond
Waar ons nou familie brood bak
Bo op die dak van donker Afrika
Nou is ons meel dun gesaai
Agter ons skild en assegaai
Maar Afrikaans is uitgehonger in ons kraal
Die familie brood kan ons nie meer maai
Want die knie deeg is vol water en dis taai
Dan voeg ons die ander meel by
En maak volgraan brood en dit dikker
Ons maak ʼn growwe Afrika brood
Die een wat ons gesondheid uitsonder
En die nuwe meel word weer dik gesaai
Die Afrikaner familie is nou groter
Die wind vat ons nuwe blomme geur
En waai die donker dak na heuning.

12/09/2004