73.            FRANSE HUGENOTE

Ons ken jou taal nie meer nie
Ons ken jou druiwe stok en wyn
Ons weet waar die mooi meisies vandaan kom
Daar is ook ʼn dik Franse stroom in ons bloed
Al het net ʼn paar hierna toe gekom
Hou die meeste Afrikaners die woorde styf vas
Maar ons moet nie die Gees vergeet nie
Sonder sy liggie is dit donker en onleesbaar
Die volk het net uit ʼn paar duisend gekom
Die familie siektes ly nog daar onder
Dit is miskien goed dat die wind gekom het
Die taal sal saam met die saad verprei
En die saad sal meer vrugbaar word
Maar ons moet nie ons liefde verloor nie
Nie vir die skepper, mooi meisies of taal nie
Ons moet die goeie dinge van die lewe behou
Al wapper ons onder ʼn ander se vlag
Wapper ons tong die taal van ons nageslag.

20/09/2004