36. GENADEDAL

Daar is min wat weet van hierdie Afrikaanse oorsprong
Hier waar julle die eerste groot woorde gedruk het
Maar hier het die swart en wit slang ook gepik
Nog steeds het God julle harte beteuel
In hierdie versteek te gebergde hoekie
Vind jy heuningbostee met ʼn bietjie suurlemoen
So heuning soet sonder alkahol en ʼn bietjie politiek
Van hoe die gemeenskap Suid Afrika sien
Die klein huisies is nog steeds ingeryg
Maar die populasie vind hulle nou bedreig
As die ekonomiese hartland nader kom
Word mens en eiendom waardevol en skaars
Dierbare geld word orals gesoek
As ook die Afrikaner se genade
Om die oorsprong nie net te laat behoue bly nie
Maar dat die taal weer sy oorsprong vind
Deur die toedoen van konstruktiewe skrywers en digters
Wat die plekkie ons eie Afrikaanse Nepal kan hulde bring.

05/09/2004