23. GEWELD

Ons gebruik geweld om ons onvermoë te redeneer
Eerder as om dit te wil uit praat slaan ons toe
Net soos ʼn duiwelse ondier sonder sin
Word dit reggesien uit ons eie oordeel
Wanneer die mens weet sy oordeel is nie perfek nie
Dit is vir hierdie rede dat die taal geskep is
Dit is vir hierdie wat ons van die dier onderskei
Wat sy tande in jou inploeg soos sy instink
So verfyn die menslike word die dierlike instink
Wat so gereeld voorkom in die mens
Daarom is die woord soos goud en heet ʼn waarde
Die waarde moet nie gemors word om geweld te regverdig nie
Dit is dan waar die woord sy waarde verloor
Die woord moet nie beledigend wees nie
Want ʼn kragwoord is letterlike geweld
En die woord moet kortlik sin maak
Anders is die woord onbesinlik
Daarom kies jou woorde vir hulle waarde
Want dit skei jou van die dier en sy geweld.

03/09/2004