1. HAGGIS

Uit ons nederige onstaan
Herinner die haggis ons
Soos die hutspot vir die Afrikaner
Ons kan maar sê die haggis
Was die voorloper van boerewors
Dit was so perfek en het in die eiende goed uitgedraai
Soos die hutspot in potjiekos
Want die hutspot was oorspronklik
Baie na aan ʼn Skotse bredie
En moes mense in die moeilikheid
Aan die lewe hou
Maar ons moet teruggaan
Na ons gesamentlike nederige onstaan
So dat ons ons herkoms kan verstaan,
So dat ons aan ons toekoms kan voldoen
Aan die eerlike begrip van menswees
En hoe ons mekaar nodig het
Dit is die ware legende van die haggis.

19/07/2004