60. JAGTERS

Mens ken sy jagter by sy bok
Want hy wat net skiet gee nie om nie
Maar die wat selektief oes laat lewe
Hulle gee wel om vir die bestaan van wild
Jy sal dit ook sien aan die bokkie aan sy sy
Gee hy haar vryheid laat hy haar leef
Of vaar hy maar net onder die ander bokke in
Is hy ʼn jagter of is hy ʼn slagter
Want nie omgee of ander seerkry nie?
Hy is soos ʼn wilde dier wat net verwoes
En dit kom al van kleintyd af
Dit is maar net ʼn eksperiment wat nooit opgehou het nie
Want om verantwoordelikheid te aanvaar
Is om getrou te wees en om op te groei
Dit bekommer hulle die verveeltyd in
Want hulle sien nie die sport in die skeidsregter nie
Want die verantwoordelikheid is ʼn kruis
Wat bitter min jagters wil dra
As hulle plesier sien in ʼn bietjie sonde
Hoe minder sonde is ʼn bietjie sonde?
Maar sonder die skeidsregter is daar nie sport nie
Net die verwaarlosing van ons wild
En so sal die sport uiteindelik uitsterf
Wanneer die jagter op hulle self jag maak
En so weer mekaar weer uitroei

16/09/2004