39. KAAPSEVLAKTES

Die laaglanders hou fort
Net so bo die lag water
Daar het hulle hul huisies gebou
Soos die strandlopers van die druiwe stok
Heet hul eons die gemsbok
Tot die gemsbok ʼn dwarrelwind uitasem
Wat so dans in die warm son
Van ʼn nuwe vurige nasie
Wie die vrugte pluk op die ou fondasie
Van die bodem van die ou see
Wie se rug deur Neptunus op gelug is die reg gee
Om ons voete in die droë stof te plaas
Die selfde stof waar ons asem in geblaas is
Die stof waarna ons almal terugkeer
Dit is die stoffasie van die Afrikaner
Hy het sy oorsprong op die laagland
Al het almal van die noorde gekom
Is ons almal hier van nuuts af gevorm
Voor ons kan uitkyk na die wêreld en die ruimte
As die kinders van hierdie bodem van die see
Waar ons geleer het om nederig te wees
En dat die taal en kultuur
Nie net aan een behoort nie
Maar aan die hele mensdom
Tot die oseane van die ruimte
Bou ons weer op ʼn nuwe laagland
Voor Afrikaans weer nuwe hoogtes bereik.

06/09/2004