12.       KILT

Die kilt is die middelpunt van nasionaliteit
Dit is beide die vlag van individualiteit en familie
Dit bring vriende onder een kollektiewe naam
En verbind beide idees en beginsels
Maar die middelpunt bly by die individu
Dit maak nie saak of jy op ander grond is nie
Of by ʼn ander nasie of familie is nie
Daar is geen grense verbonde aan die kilt nie
Daarom vind alle tipe Afrikaners in kilts
Dit kies ook nie tussen kleur nie
Soos ons kan sien in ons regimente
En soos ons kan sien in ons doedelsak orkeste
Die kilt staan bo kollektiwiteit
Dit staan vir die individualiteit
Van alle nasies en mense
Daarom word dit beskou as ʼn diplomatieke drag
Die kilt skaar hom by die Afrikaner
In sy stryd en gasvryheid.

19/07/2004