45. KRUISBESTUIWING

Bytjie in die nuwe blommetuin
Jou heuning is so ewe soet
As jy self kies van water blom jy hou
Maar jy keur ook nie vir ander nie
Jy is tevrede met die liefde wat jy het
Jy wys net die pad na die tuin aan
As al die bye net van een blom kies
Sal die ander vinnig uitsterf
Dit kan die mensdom nie bekostig nie
Want die een blom sal geneties verswak
Soos die natuur van liefde die kleur nie sien nie
Maar die ware enkele mens en sy waardes
Want ons diskrimineer nie teen God se skepping nie
Ons diskrimineer net teen die skepping se aksies
Daarom kan ek nie vir jou sê wat om te doen nie
Ek kan net doen wat ek glo en waar ek liefde vind
Want vir nie een is dieselfde bedoel nie
Ons is nie die selde man en vrou nie
Anders was ons nog steeds Adam en Eva
Nee ons lyk anders en het ander keuses
En kan nie vir ander voorskryf nie
Nie as dit by ware liefde kom nie
En die by van liefde ons kruisbestuif nie

07/09/2004