14. LOG NESS

Elke een het hulle monsters
Die skotte is bekend vir hulle donker woede
Die Iere is weer bekend vir hulle donker passie
Die Afrikaner is bekend vir sy hardkoppigheid
Dit is hier waar ons stamboom saamsmelt
Soos in die vergelykings in die boek van Oerlande
So soek ons die vlieënde Hollander
En so soek ons die monster van Log Ness
Al die nasies is baie gasvry
Maar moet hulle nie opvryf nie
Moet nie krap waar dit saak maak nie
Want dan mag ons die monster vind
Die enigste manier om die monster te verstaan
Is lig loop, stilbly en hou jou saak vir jouself
Laat die holistiese rede van die natuur die monster beheer.

01/09/2004