32. MALEIERS/INDIERS

Uit Asië het hulle as slawe gekom
Om die suide van Afrika op te helder
Hulle is bymekaar gemaak as kleurling
Hulle het ons geleer lekker kook
En hoe om die musiek te geniet
Hier en daar vind ʼn nuwe Afrikaanse woord
En die Kaap is meer as net Hollands
Dit was die begin van ʼn nuwe wêreld
ʼn Globale wêreld wat almal nou besin
Maar sonder hulle was ons baie armer
Nie net sonder hulle werk nie
Maar ook met wat hulle gedeel het
Dit was hulle wil om Afrikaners te wees
Om ʼn nuwe wêreld te groet en op te bou
Al was hulle hier gevange geneem
Nou is hulle voorbeeld vir die Afrikaner ʼn skat
Soos ʼn skip wat uit die ooste ingekom het
Vol waardevolle speserye en juwele van oorlewing
Om die nuwe kroon van Afrika te bou
Saam met ons bou hulle die ster van Afrika.

05/09/2004