52. PLAASLIKKE BEVOLKING

Die ou boom was alleen
ʼn nuwe een het gekom en teen hom gestaan
Saam teen die ekonomiese winde
Wie hulle saad voort gesprei het
Sodat reg oor die wêreld kom die saad op
Maar hou die oë gerig op die nuwe stam
Dit is omring deur ʼn nuwe blommetuin
Van kroon tot bodem staan die bloeisels uit
Die kleure roep oor ons verlate vlaktes
Hulle verhelder oor ons ewige gebergtes
Die wortels vind die dieptes van ons see
Sodat die nuwe ligtoring bank vas staan
Want die lig kom van die plaaslike bevolking
Hulle saam is die ligtoring van die Suide
Hulle verlig die diep gewortelde droom
Dat ons almal in Afrika Afrikaners is
Elke een het op sy eie aan ons gebou
Elke een het nou waarde vir sy loon
Soos die bouer wat al die stene goedkeur
Wat so eendag ʼn steen verwerp het
En later moes uitvind dit was die hoeksteen
Wat al die ander stene vas hou
So is Afrikaans ons nuwe stamboom.
Hy is die hoeksteen van Afrika
Want solank hy daar is
Sal Afrika daar wees
En ʼn nuwe eenheid vorm
Sodat die digter sê
“Ons vir jou Suid Afrika.”

11/09/2004