20. SWARTWAG

Julle beskerm daar die koninklikes en die nasie
Hier beskerm julle die konstitusie en gemeenskap
Hier staan julle wag vir die vryheid van spraak
Hier staan julle wag vir die minder bevoorregtes
Hier staan julle wag vir ʼn donker kontinent
Wie se ideale beskerm moet word
Vir die vooruitgang van die wêreld se mense
Die wagwoord is globalisme met individualisme
Die wapen is arbeid en geleerdheid
Die skild is teen korrupsie en geldgierigheid
Die doel is gelykheid vir almal
Die oorwinning is welvaart vir hierdie kontinent
Dis is gedoen met ʼn globale geallieerde vriendskap
Wat nie kies of bevoordeel tussen kleur nie.

02/09/2004