33. TE WIT OF TE SWART

Die meeste van hulle voorouers was eerste hier gewees
Die nuwe inwoners gebruik hulle toe
As slawe of goed koop arbeid op die plaase
Die land trou toe met hulle seuns en dogters
Die selfde land wat hom wit en swart beskou
En tog weet hulle nie om julle te verdeel nie
Eers beskou hulle die meerderheid as swart
Weer weet hulle nie om julle te verdeel nie
En beskou julle as te wit van kleur
Hierdie land gaan ʼn wyse grys waarheid sien
N’ waarheid wat al lank in sy bloed loop
Dat ons eintlik al lankal een nasie is
Ons voorouers het dit so gedoop
Dat Suid Afrika nie regtig swart of wit is nie
Maar dit is die blom tuin van die mensdom
Die land was altyd ʼn tuinmaker al was ons strem
Maar sy politiek was altyd kleurblind
Dit wou nog altyd in swart en wit sien
Maar ons toekoms kan dit nie bekostig nie
Dat die land te wit of te swart is nie
Want die regte Suidafrikaner is soos ʼn blomtuin
Sy tuinier leer maar stadig dat een kleur nie werk nie
Dat een kleur maar net altyd ʼn onkruit van die wêreld was
En dat die wêreld nog altyd ook ʼn blomtuin was
Suid Afrikaners is die globale blommekinders van die wêreld
Hoe meer ons die blomtuin keer vind ons ons in die dorings
Die een kleur is maar net die onkruit wat oorneem
Soos die doring besmette harte van hulle meesters
N’ regverdige hart is soos ʼn blommetuin van geure
Hier kan jy jou vryheid kies en keur soos jy wil
Maar ons moet nog wag dat die swart en wit bloeisels ook uitkom.

05/09/2004