27. TRADISIONELE WAPENS

Ge-kilte skotte dra ʼn dolkie in hulle kous
Die Boer is weer vir sy roer
Die Zulu vir sy skild, assegaai en knopkierie
Hierdie kultuur versinbeeld die verlede
Maar bring weer konflik in die hede
Want tradisionele wapens is nog steeds wapens
Wanneer hulle doelbewus op ander gebruik word
En hulle is weer kultuur wanneer hulle nie meer wapens is nie
Mens behoort homself nie te bewapen onder kultuur nie
En kultuur behoort nie oorlog te veroorsaak nie
Kulturele tradisies behoort die samesyn te bevorder
Van die hele mensdom as ʼn subkultuur
Want geen een kultuur staan op sy eie nie
Nie in sy geskiedenis of sy toekoms nie
Dit bly groei en neem nuwe vorms aan
Dit kan net saam bestaan met ander kulture
Want om as ʼn kultuur te bestaan
Moet dit die enkele mens verstaan
Want elke mens het sy eie kultuur
So kan ʼn kultuur nie op sy eie bestaan nie
Maar is altyd ʼn groepering van ander
Dit is hier wanneer ons besef dat wapens
Vir die algehele meerderheid vreedsaam wees
Maar vir daardie enkel kultuur is dit ʼn wapen
Om oorlog te  maak en ander te domineer
Hulle wil hulle wil as een kultuur afdwing
As of net die kollektiewe bestaan
En nie die enkel mens ʼn reg het nie
Want sulke demokrasie is arm sonder die individu
Om dat dit die individu is wat die demokrasie uitmaak
En dit is ook die individu wat dit bevorder onder sy kultuur
Hy bevorder dit eers as ʼn klein selle
Lank voordat die meerderheid dit aanvaar
Daarom moet tradisionele wapens vreedsaam wees
Sodat dit nie die individu kan benadeel nie
Doen dit moet dit verwyder word
Want dit is nie ʼn demokratiese kultuur nie.

05/09/2004