6. TROTS

Kru taal, krag woorde en geweld
Dit is wat die Afrikaner verwoes
Dit reflekteer ons ondergaan
En is selfvernietiging tot die taal.
Hoe kan ons so trots daarop wees
En ʼn tradisie so bevorder?
Daar by hoe kan ons rigied en hardekop wees
En niks vir niemand gun nie?
As ons volk swaardra
Het ons ons eie vraag gekies
Want om trots te wees
Beteken nie om ander te misken nie
En ons verhoudings af te baken nie.
So dat net ons dit kan sien nie,
In ʼn outokratiese demokratiese
Wat ons vryheid en ander vas hou
Aan ons kettings, ossewa en doringboompie.
Ons moet trots wees om delers te wees
Van ander volke en nasies
Met ons dienste en skeppings te deel.
Sodat ons geken kan wees aan ons werke
En ons liefde vir die mensdom as geheel.
Wanneer jy tot die laaste mens kan lief hê.
Dan kan jy trots daar op na mens en die Vader kyk
Want jy het die grootse gebod nagekom,
Vergeet waarmee jy vervolg word
En stel die voorbeeld van liefde.
Daar by sal ons uitgeken word
Deur ons verdraagsaamheid
En on konditionele liefde.

15/04/2004