VOORWOORD 

Die Afrikaner het ʼn nuwe toekoms in die wêreld ons moet die verlede opskryf en dit vir die geskiedenis bêre. Die Afrikaner is almal wat Afrikaans praat en die kultuur verder uit bou oor ons grense. Ons kan nie twis onder ons bekostig nie dit gaan ons verarm en laat uitsterf, die mens hou nie van moeilikheid nie, nog minder van oor trotse self behoudheid wat ons bo ander mag ag.

Ons is net spesiale mense wat die taal praat en dit beskikbaar maak vir ander om deel van ons te wees soos wat die Skotte dit later gedoen het. Ons kan by hulle leer sodat ons taal ook nie uitsterf nie, wat die kilt en Clan is vir die Skotte is die taal en kultuur vir die Afrikaner. Saam met ander volke kan die Afrikaner die ruimte in gaan en oorleef want die ruimte het ook boere nodig.

Net as ons vorentoe kyk en ons kultuur uitbrei oor die wêreld sal ons ʼn faktor wees en oorleef. Ek weet dat hier die Afrikaner droom is ambisieus en het weerstand maar sonder ʼn droom kan ons nie die toekoms suksesvol in gaan nie.

Want Afrika het toe van Asië wat op hom gerig is vir die toekoms en Afrikaans het ook sy grondslag van daar gekry. As al die Afrikaners regtig saam staan en hulle rasse en kulturele verskille laat staan en Afrikaan vir die wêreld as ʼn wêreld eenheid aan beide sal die wêreld die Afrikaner so herken en Afrikaans dan so ʼn wêreld taal word.

Maar as ons Afrikaans vir onself hou en ʼn super-ras wil kweek sal Afrikaans saam met die ideologie uitsterf soos al die spesies wat aan so alleenstande ideologie aan geklou het. Afrikaners wees lief vir al jou naaste mag hulle van bo van China deur Indië soos “Pat” Patricia, Magdalene, Subyoen wat ek lief het tot in Afrika gekom het, ons is net een skepping, een mensdom en het net een Skepper.

Die digbundel is in Afrikaans doelbewus om die laaste weerstand teen Patricia en mense soos sy teen te staan want dan moet my opponente die Skepping en die Skepper verloën soos hulle ons verloën.

Ek het nie vir Patricia geken toe ek die digbundel geskryf het nie want die inhoud was oorspronklik uit my hart in Afrikaans geskryf maar toe ek vir haar wat Engels is  ontmoet toe was die werk drie jaar vooruit gedoen om my met die saak te ondersteun.

So het my hart beide haar en haar situasie met liefde herken en was dit so bedoel omdat ek het my eerste les so met Marinda geleer het hoe mense kan inmeng (kovert of openlik) waar hulle geen reg het nie en die werk sal hulle onsuiwer hede hokslaan waar dit hoort.

Dit laat my aan ʼn ander digter dink, Langenhoven en sy olifant die “Herrie” van “Sonde met die bure” omdat ek sulke inmenging deur mense wat vir liefde wil besluit in plaas van die Skepper “Die Herrie nou laat los laat” as hulle met Patricia gaan inmeng.

Die olifant het nou genoeg gehad van die status, haat en apartheid hondsdolheid wat voorkom in sekere jakkalsies en spoke wat net mense is wat alewig inmeng waar hulle nie hoort nie en kan dit in hulle “Case Study” van my daar ʼn nota maak.

“Hier meng ons in met die Skepper” so dat Hy julle eendag kan vasvat soos dit hoort en dat nie een van hulle nie se hulle was nie bewus van hulle dade nie. Al is hulle net die bodes of die koning of koninging daar van self of ʼn doelbewuste deurmekaar demokrasie wie nie weet wie die blaam moet kry nie.

Maar die Skepper gaan hulle deel wel uitken, want dit lyk vir my hulle is alreeds sulke regverdige diensknegte dat Lukas 17 en 18 nie by hulle saak maak nie omdat hulle alreeds in die hemel is en vir die Skepper mag besluit wat hulle eendag “Uit die Blou van Ons Hemel” gaan by kom en dan gaan die “Herrie weer onder hulle los.