26. VERKRAGTING

Mens verkrag nie die Temple van God nie
In sy manlike of sy vroulike vorm
Soms dink ons net dit is wat ander aan ons doen
Maar dikwels is dit wat ons aan onself doen
Ons beskuldig die vrou wat so geld maak
Maar ons beskuldig nie die man wat rondslaap nie
Selfs ʼn vrou kan nie sonder ʼn naam hier aan deel hê nie
Maar vir die man is dit ʼn status simbool
Die Temple is nie vir genot sonder liefde nie
Want dit is die ware liefde wat plesier wil gee
Moet nie laat die plesier spier jou verlei nie
Want dit laat die wêreld duur betaal
Vol mense wat nie meer liefde kan vind nie
Wat vind dat sonder liefde dit ʼn verkragting is
Nie net van die Temple nie maar van God
Dit is net baie opregte liefde wat ʼn verkragte
Weer gesond kan maak as daar weer vertrou kan word
Net die ware liefde kan die woord en data van NEE verstaan.

05/09/2004