43. VERLIGTING

Verligting kom net as ons ander ook ophef
Om die selfde te kan verloor as wat ons kan
Dit is eers dan wanneer hulle kan verstaan
En sal hul eons help om saam die meerderheid te wees
Ons kan nie sonder ʼn algehele middelklas nie
Ons kan nie teveel rykes en armes bekostig nie
Dit is dan nie vreedsaam of deelbaar nie
Daarom kan ons nie klou aan wat ons het nie
As ander op gehef moet word en ons net toeskoures is
Ons moet die nare apartheid laat staan
Ons moue oprol en ons woorde tel
Want hulle maak ons toekoms
En ons vryheid word gesien deur hulle oë
Hulle ken nog nie ons wêreld nie
Al wil hulle dit self uitvind
Het die natuur net een waarheid
Self hulle kan dit nie verander nie
Want saam is dit ons vir jou Suid Afrika
Net saam kan ons die verligting wees.

07/09/2004