72.            FLAAMS

Kom lees ʼn bietjie hier
Aan die woorde van vuur
Hoe die liggie dit verduur
Om sy skaduwees te los by jou skuur
Waar ons kan dans in ʼn ou kultuur
Wat heet voor die ou Kelte
Nog voor die Romeinse verte
Was die’ mense bekwaam met die natuur
Sodat die boere se plase en sade
Deur ʼn sterk wind weg gewaai was
Wat Europa so om geploeg het
Tot ons tot die suide gevlug het
Nou bring die taal ons terug
Nie net na Holland nie
Maar terug na ons oorsprong
Soos die pos duif terug tot by sy nes
Ons ken nog julle by julle se roep
Ons kom land nie hier in die vlees nie
Ons kom land met ons nuwe woorde
Want ons sade en plase het weer rond gewaai
En die boere gaan more tot die ruimte in.

20/09/2004