67.            WATTELBOOM

Pasop of ek looi jou met leer,
Tot jou hout maak na die vuur se kleur.
Die huilende gom gee tot geur,
Wie het jou vir ons gekeur?

Vreemde boom
Verdryf struik en plant,
Wie het jou geplant?
Soms in ʼn bos
Onder een tak hang ʼn band,
Vermenigvuldig jy soos sand.

Is kakkie bos jou vriend
En vader van wie se kind?
Gooi die sade in die wind,
Terwyl sy wortels byt
Dat die tande wit sit.

Onder jou skadu groei geen gras,
As of ons altyd na buite soek,
Na ʼn waarheid,
Maar ons eie was daar gewees.