46. WERKLOSES

Ons stuur ons dierbares oorsee
Ander stuur hulle universiteit toe
Die werkende middeljariges byt vas
Die bejaardes betaal ʼn ou loon
Die wat emigreer het nuwe probleme
Wat weer ʼn risiko geword het
Selfs ʼn besigheid is nie gesond nie
Want ons wil altyd teveel hê
Sonder kwotas is ons sonder werk
Of ons verlam ons eie familie lede
Wat saam met ons aan diesns is
Ons verwag dat hulle almal ons ryk maak
Ons verwag dat hulle soos ons dink
Maar geen een mens is dieselfde nie
Nog minder is ons perfek
Gun hulle ook hulle daaglikse brood
Vir daardie ideale diep binne hulle
Al groei dit nie op jou voorstoep nie
Mag dit dalk jou fondasie stabiel hou
Laat hulle toe om hulle self te wees
En hulle sal jou met dieselfde hand groet
Gee hulle die geleentheid om deel van jou te wees
Help hulle familie besigheid die mas op kom
Wys hulle waar hulle in die wêreld saak maak
Ons kinders kan nog by ons oorneem
Nie net in ons besigheid en werk nie
Maar in hulle eie entrepeneurskap
Nie almal kan oorsee gaan nie
Daar doen baie werk wat hulle nie hier sal doen nie
Want hier skel ons minderwaardige woorde
Vir die minderwaardige werk wat hulle doen
So hou ons ons mense uit werk uit
So maak ons ons volk armer
Want ander volke het nie ons hart vol dorings nie
Hulle is bereid om hulle eie straatveërs te wees
Want as ʼn volk is hulle goed genoeg daar voor
As ons vir ons ʼn tuiste wil bou
Moet ons ook maar onder die fondasie bou
En bereid wees om met pik en graaf te werk
Net soos die res van die wêreld se mense
Want ons is maar gelyk met ons naaste
Daarom kan ons nie ʼn taal bekostig nie
Wat mense afkraak en klein praat nie
Want daardie tong is Alwyn klein
Grusaam gedoop in sy eie apartheid.

08/09/2004