1. ‘N SKOTSE KULTUUR

Laaglanders en Hooglanders
Plattelanders en stedelinge
Kusgebiede en hoëveld
Kapenaars en Transvalers
Rykes en armes
Engelse en Afrikaners
Maar ons is almal vandag Afrikaners.

En die wit vraagstuk
Is soos die voormalige
Swart vraagstuk
Wat wag tot die volgende generasie.
Ons het een groot vraag,
Waarheen in Afrika?

Wat is ons Afrika Droom
En hoe kom ons daar?
Vrees ons ʼn grys nasie
Of vrees ons uitwissing as Afrikaner?
Maar die realiteit is nog in Afrika
En ons is deel van die kontinent.

Ons moet ons nie blind staar aan grense nie
Soos die skotte kan ons die nuwe wêreld in vaar
Ons heet ʼn trotse tradisie
So oud as die boek van Oerlande.
Daar in is die skotte ons familie
Waar by ons kan leer
Dat ons by ander kan in pas
Sonder om ons identiteit te verloor.

Nogmaals heet waarde deur ons skeppings
En ons gewillige dienste vir ander mense.
Ons vrae net ʼn gelyke kans
So dat ons ons voete vind.
Ons trots is nie net ons taal
Maar wat ons vir ander kan doen
Daar by sal ons uitgeken word.
Ons toekoms rus daarby
As ook ons voortbestaan.

Dring nie hier op aan nie
Laat die ander dit doen
Die met wie ons saam leef.
So vorm ons ʼn nuwe kultuur
Net soos die Skotse tradisie.

Net soos ʼn wyse hottentot Adam
Vir die Veldmaarskalk in 1800’s gesê het,
Daar is ʼn ander groot nasie
Soos die Afrikaner
En die was die skotte.

Hulle het net soos ons
Deur die eeue
Die selfde deurgemaak
Nog is hulle daar
En word hulle gerespekteer.

08/04/2004