38.            DANKIE 2

Daar kom hulp van mense,
Ek kan dit nie glo nie.
Die lewe is bittersoet
van Hartwater se mense.

Maar vanwaar kom die mense?
Soos fonteine kom hulle groet.
Die pen het hom stom geslaan,
'n hel word nou hemel.

Deure gaan oop
en ook hulle harte.
Sommige lewer vrywillige dienste.
Wat nou, Suid-Afrika?
Waar kom julle vandaan?

Nou skuld my pen nog meer,
vir 'n land en sy mense.
Nou maak julle my ‘n patriot
en vir sommige 'n digter.

Die pen skryf dankie
nie met ink of woorde,
maar gedoop in die liefde,
dié van ons land
en vir die wêreld se mense.

19/06/1989