57.        DIE JUDAS PRINSIEP

Die slang se maat het my weer verraai
en nou wil jy met jou goud my paai
nadat jy aangegaan het soos 'n papegaai,
maar my hart skree, pasop dit is weer Judas!

Jy veskuil jou sedig agter koning Constantine,
maar van die verlede het jy min gekyk
soos ek die mense se handewerk kan sien
wat so sommerlik kan glo oor 'n ouman se lyk.

Daar is lewe maar nie in die vlees
want dit was alreeds in mensehande gewees.
Ek vertrou nie sommer op 'n ander se gees
as ek net voorgeskrewe prinsipe lees.

Kort maar op die aarde is die mens
en die kind dink hy het dit reeds bemeester.
Maar voor die Meester
staan jy op vir wat jy bemeester
alleen in jou wysheid se spens.

Hoe kan ek glo aan ander se grense
as hulle nie kan verduidelik
dat wat ek geglo het, is billik
en nou verder in die hel moet grens.

Vergeet dit maar, prinses
so gaan jy nie my dors les.
Hoe kan ek toelaat dat jy my weer verwoes
en die wonderlike Judas prinsiep opdis?

17/03/1996