59.        DIE SON

Bad in geel getooi
soos 'n pendelum gegooi,
van humeur so rooi
kom elke dag uit die kooi.

Maak herfs in die wolke
en word gedood met skadudolke.
In laaste lig kom daar weer
'n donderende reënboog wat ween.

Dan kom die skilder weer
met 'n palet vol kleur.
Soos 'n generaal vasgenaal
aan 'n kosmiese sterre-reën.
Deur hom wat alles soen tot seisoen,
sy wolke-vlagies gaan julle ook môre seën.