46.        DIS GROEN

Pitter patter groen,
daar is droogte in die land
Net die kleur van 'n wit pampoen,
toe pitter patter dit toe groen,
en wie kry die roem?

En daar kom toe stof
en daarna sneeu,
toe weer stof
en nou modder.
Pitter patter
en alles is groen.

Daar is onenigheid in die land,
eers wit en toe swart.
Toe kom die kleur ook daarin,
'n groen faktor kry toe roem.

Mettertyd sal hulle bloos
tot die botsels uitkom.
Want in die lewe self
lyk ons almal dieselfde
maar net nie groen.

01/02/1989