62.            DONKERGAT

Walvisstasie uit die oude doos
jou skepe lê met roes en voos.
Hulle kom kuier nou met 'n waterkar
van waentjie agter tot voortrekker.

Dit gly nou verby sinkgeboue
en 'n stukkie monument bly behoue.
Die wat weet vind berou
en moet asseblief nie grou
want in die waarheid vind ons rou.

Rooi olie gedoop in geskiedenis,
nou 'n seerplek in die vlees
maar so leer ons gees
bitter sonder vrees
dat ou drome koop
môre se hoop.