55.            KAAPSE MEISIE

Kloppend jou hart van diepe vuur.
Aan jou het ek gegee en verduur.
Alles was tydsaam tot die laaste uur.
Plaas om jou geliefde neer, 'n dag is duur.
Slegs liefde kan spaar wat ons verduur.
En voor die dag sal liefdesson nog gluur.

Meisie van die hart en min tyd.
Ek wil jou graag sien in jolyt.
Is die Kaapse veld so in blommetyd?
Sit tussen vygies, Kaapse daisies en kyk.
In liefdesoë dis nog alles in jou tyd.
En Kaapse meisie lees die hoofletters en kyk.

15/02/1989