43.            KINDERS

Dis myne, ek het ook een.
Geleer in die lewensskool
en gegradueer met die dood.
O, kinderstudente
hoe moet ons leer van hoe min ons weet
omtrent so baie woorde?

Maak die paaie reguit,
die wet is nie joune.
Dit het reeds ‘n Baas.
Eie wette is goed
as dit ander behaag
want dan is daar minder
om oor te baklei.

Maar ou goed verdwyn
met die smaak van ‘n aalwyn.
Sonder die waarde
van ‘n druppel wyn
staan die kinders in lyn
‘n toekoms vasgehou in pyn.

19/06/1989